# Sokker: Die Activists and Citizens Forum vra ‘n leierskaps-verandering in die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging voor die naweek se verkiesingskonferensie. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê SAFA se president, Danny Jordaan, is ‘n las en moet opsystaan weens berigte oor finansiële uitdagings. Hy sê dringende ingryping is nodig. Bloem beklemtoon die forum se steun aan die sakeman Sandile Zungu vir die presidentskap en sê sy sake-ervaring en passie vir sokker kan SAFA help red en die ontwikkeling van die spel in Suid-Afrika versterk.
Sokker: Forum steun leierskaps-verandering in SAFA