# Gholf: LIV Gholf het aansoek gedoen vir bankrotskapbeskerming in Amerika in ‘n poging om te herstruktureer nadat Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds sy finansiële steun onttrek het. Die fonds beëindig sy steun na die huidige seisoen nadat hy oor vyf jaar byna 80-miljard-rand bestee het. Die wegbreekliga skuld spelers minstens 720-miljoen-rand. LIV Gholf se uitvoerende hoof, Scott O’Neil, sê hierdie proses sal die liga tyd gee om ‘n mylpaal-transaksie te vind en die volgende hoofstuk te begin rondom ondersteuners en ‘n vernuwende eienaarskapsmodel wat spelers eerste plaas.
Gholf: LIV doen aansoek vir bankrotskapbeskerming na verlies van Saoedi-PIF-befondsing