# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het ‘n verbod op toegang tot sosiale media vir kinders onder 16 uitgesluit. Dit is ten spyte van lande soos Australië en Maleisië se algehele verbod, te midde van toenemende kommer oor die uitwerking van sosiale media op kinders se gesondheid en veiligheid. In antwoord op ‘n parlementêre vraag het Malatsi gesê daar is tans geen onweerlegbare getuienis dat ‘n algemene verbod vir persone onder 16 jaar hulle werklik sal verhinder om aktief te wees op sosialemediaplatforms nie.
Minister Malatsi sê SA beplan tans nie om ‘n algehele verbod op sosiale media vir kinders onder 16 in te stel nie