Skip to content

Krieket: Onervare Pakistan pak Engeland in derde toets op Edgbaston

# Krieket: Pakistan pak Engeland met ‘n onervare span in die derde en laaste toets wat môre op Edgbaston begin. Die beheerliggaam het ingrypende veranderings aangebring na die vernederende nederlae in die eerste twee kragmetings. Afrigter Sarfaraz Ahmed en boul-afrigter Umar Gul is onderskeidelik vervang met die witbal-breiers Mike Hesson en Ashley Noffke, terwyl sewe spelers huis toe gestuur en vervang is met vyf sonder enige toetsondervinding, asook nog twee. Hesson, van Nieu-Seeland, wil ‘n gebalanseerde groep saamstel met veelsydigheid in hulle aanvalstrategie.