Skip to content

Krieket: Breetzke en Bosch sluit in Windhoek by Proteas aan voor eendagreeks teen Namibië

# Krieket: Die kolwer Matthew Breetzke en die veelsydige Corbin Bosch het in Windhoek by die Proteas aangesluit vir die reeks van drie eendagwedstryde teen Namibië. Suid-Afrika het Sondag die driehoekige T20-reeks beklink met ‘n oortuigende oorwinning oor Zimbabwe in die eindstryd. Die eendagreeks word ook op die Namibiese Stadion in die hoofstad beslis. Bosch speel saam met sy jonger broer, Eathan, wat in die T20s gespeel het. Krieket Suid-Afrika het aangekondig die ster-kolwer Lhuan-dré Pretorius en die naatbouler Andile Simelane sal die eendagreeks weens beserings misloop.