# Iran se ministerie van Buitelandse Sake beskuldig Kanada dat hy na sy “afknouerige buurman”, Amerika, se pype dans en strategiese verwarring en onderwerping aan intimidasie toon. Ottawa het Teheran se “destabiliserende optrede” in die Midde-Ooste veroordeel en besluit om saam met vennote druk op Iran vol te hou deur onder meer sanksies en ondersteuning om die Straat van Hormoes te heropen. Die ministerie se woordvoerder, Esmaeil Baghaei, sê Kanada kan nie ʼn kampvegter vir vrede en veiligheid, vrye navigasie en internasionale reg wees terwyl hy Amerika se aggressie in die streek ondersteun nie.
Iran beskuldig Kanada dat hy toegee aan druk van Amerika nadat hy Teheran se optrede in die Midde-Ooste veroordeel