# Rugby: Die president van SA Rugby, Mark Alexander, het Suid-Afrikaanse ondersteuners geprys vir die atmosfeer tydens die eerste Rugby’s Greatest Rivalry-reeks, wat die land aan besoekers van regoor die wêreld bekend gestel het. Die Springbokke is 2-1 voor in die reeks teen die All Blacks met die laaste wedstryd Saterdag in Baltimore, in die VSA. Alexander sê die ekonomiese uitwerking van die reeks sal gemeenskappe regoor die land bevoordeel en lewensbestaan verbeter. Hy sê SA Rugby het aandagtig geluister na aanbevelings oor hoe om toekomstige reekse te verbeter.
Rugby: President van SA Rugby sê Greatest Rivalry-reeks weerspieël land se gees van Ubuntu