Skip to content

Gautengse Menslike Nedersettings oortref verskeie leweringsteikens

# Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings het verskeie leweringsteikens vir die 2025/26-boekjaar oortref. Die Departement het sewe-duisend-976 wooneenhede voltooi teenoor ‘n teiken van sewe-duisend-503. Die Departement het ook vyf-duisend-445 huise aan goedgekeurde begunstigdes toegeken en het byna 280 hektaar goed geleë grond verkry, wat sy teiken oortref het. Die Departement het vir die vierde agtereenvolgende jaar ‘n ongekwalifiseerde ouditmening ontvang en 97-persent van sy begroting bestee. Die algehele prestasie staan egter op 69-persent, met titelaktes en grondvrystelling waar verbetering benodig word.