# Die Vereniging van Staatsamptenare doen ‘n beroep op gevolgbestuur teen amptenare wat versuim om veiligheidskwessies by skole aan te spreek. Dit volg nadat ‘n sewejarige leerder verlede week by die Mokutupu Laerskool in Limpopo doodgeskok is. Andry Mnisi van die vakbond sê hy het herhaaldelik kommer uitgespreek oor veiligheid by skole. Mnisi wil hê die provinsiale Onderwysdepartement moet dringend risiko’s aanspreek en verseker amptenare wat verantwoordelik is vir die verwaarlosing aanspreeklik gehou word.
Staatsdiensvakbond vra optrede na leerder by Limpopo-skool doodskok