# Vier van die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng se vermiste voertuie is opgespoor nadat ondersoekers ontdek het die voertuie is by munisipaliteite in KwaZulu-Natal en Limpopo geregistreer. Emfuleni het bykans 16-miljoen-rand betaal vir 18 voertuie, maar net sewe is afgelewer. Die sakeman, Mpho Edward Malema, wat asdie verskaffer van die voertuie uitgewys is, is verlede week in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie, bedrog en diefstal. Die Gautengse taakspan vir politieke moorde ondersoek die saak. Malema het vandag in die Vanderbijlpark Landdroshof verskyn, terwyl die polisie voortgaan met pogings om die oorblywende vermiste voertuie op te spoor.
Emfuleni se vermiste voertuie in ander munisipaliteite opgespoor