Skip to content

Beskuldigde in Emfuleni-tenderbedrogsaak van R16-miljoen bly agter tralies

# Die sakeman Mpho Malema wat verbind word met Emfuleni in Gauteng se munisipale vloot-tenderbedrogsaak van 16-miljoen-rand, bly in aanhouding. Hy het vlugtig in die Vanderbijlparkse Landdroshof verskyn. Die provinsiale taakspan vir politieke moorde het Malema Donderdag in hegtenis geneem. Sy onderneming het in 2022 die tender bekom om 18 voertuie aan die munisipaliteit te verskaf, maar die polisie sê net sewe is afgelewer. Die saak hou ook verband met die vermoorde verklikker Martha Rantsofu, wat ‘n klerk van Emfuleni was. Malema se borgtogaansoek word volgende Maandag aangehoor.