Nuus 16:00
BULLETIN 7 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Polisie-ondersoeker sê Kiernan ‘AKA’ Forbes het Anele Tembe nie gekeer om te spring nie
# Die beskuldigde in die Emfuleni-tenderbedrogsaak van 16-miljoen-rand bly agter tralies
# En motorsport: Hamilton sê Ferrari het wedyweringsreëls nodig nadat hy en Leclerc op Monza bots
# ‘n Polisie-ondersoeker het tydens die geregtelike doodsondersoek na Anele Tembe se dood getuig haar verloofde, die oorlede kletsrymer Kiernan “AKA” Forbes, het kalm voorgekom nadat sy in April 2021 van die tiende verdieping van die Pepper Club Hotel in Kaapstad geval het. Forbes is die volgende jaar in Durban vermoor. Die ongenoemde ondersoeker het getuig Forbes het gesê hulle het vroeër gestry, en daar was bloed in die deurmekaar hotelkame
# Die sakeman Mpho Malema wat verbind word met Emfuleni in Gauteng se munisipale vloot-tenderbedrogsaak van 16-miljoen-rand, bly in aanhouding. Hy het vlugtig in die Vanderbijlparkse Landdroshof verskyn. Die provinsiale taakspan vir politieke moorde het Malema Donderdag in hegtenis geneem. Sy onderneming het in 2022 die tender bekom om 18 voertuie aan die munisipaliteit te verskaf, maar die polisie sê net sewe is afgelewer. Die saak hou ook verband met die vermoorde verklikker Martha Rantsofu, wat ‘n klerk van Emfuleni was. Malema se borgtogaansoek word volgende Maandag aangehoor.
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement versterk die werksmag van sy Nood Mediese Dienste met 167 amptenare wat die Hoër Sertifikaat in Openbare Bestuur voltooi het. Die program, wat saam met Regenesys-sakeskool aangebied word, fokus op leierskap, bestuur en bedryfs-besluitneming. Daarbenewens het 117 Nood Mediese Sorg-studente gedurende die 2025/26-boekjaar geslaag. Woordvoerder Steve Mabona sê die program is daarop gemik om ‘n bekwame, reaktiewe en doeltreffende gesondheidsorg-werksmag te bou.
# Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê Ferrari het wedyweringsreëls nodig. Die Brit was in die vierde wegspring-posisie in die Italiaanse Grand Prix, maar sy spanmaat, Charles Leclerc van Monaco, het in die eerste ronde teen hom gebots. Leclerc moes later onttrek. Hamilton was sesde en is nou 76 punte agter die kampioenskaps-voorloper, die Italianer Kimi Antonelli van Mercedes. Hamilton sê dis nou te laat om hom voorkeur te gee:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-98-sent teen die dollar, 18-rand-58-sent teen die euro en 21-rand-63-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-501-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-393-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 99-dollar-21-sent per vat.
# En ten slotte: SANParke het die nuwe Letaba-hoogwaterbrug in die Krugerwildtuin ingewy tydens Toerismemaand en SANParke-week. Woordvoerder JP Louw het aan die SABC gesê die opgeknapte brug is ontwerp om toekomstige oorstromings en die gevolge van klimaatsverandering beter te weerstaan. Hy sê ‘n breër leivoor sal die watervloei verbeter. Die Letaba-ruskamp word ook stelselmatig heropen ná die oorstromings in Januarie. Louw het Suid-Afrikaners aangemoedig om voordeel te trek uit SANParke-week:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….