# Motoriste wat reis tussen Kaapstad en die Kaapse Wynland kan weer deur die Hugenote-tonnel ry nadat dit vir alle voertuie heropen is. Die tonnel op die N1 is Vrydag gesluit weens sterk wind voor dit Saterdag slegs vir ligte voertuie heropen is. Die Wes-Kaapse regering het bevestig beperkings op swaar voertuie, woonwaens en sleepwaens is nou opgehef. Die nabygeleë Du Toitskloofpas bly egter gesluit en die Bainskloofpas is slegs vir Klas 1-voertuie oop.
Hugenote-tonnel weer oop nadat sterk wind verkeer ontwrig het