# ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê Suid-Afrika moet ophou om funksies uit te kontrakteer wat die regering self kan verrig. Hy wil weet waarom munisipaliteite tussengangers betaal om mense aan te stel om vullis te verwyder, openbare geriewe skoon te maak, infrastruktuur te onderhou en veiligheid te voorsien. ActionSA se woordvoerder, Omogolo Taunyane, sê […]
# Die DA het weer gevra dat gereelde, geloofwaardige en omvattende leefstyloudits in die Polisiediens uitgevoer word. In die vorige boekjaar is 72 gevalle vir leefstyloudits verwys. Ses is vir verdere ondersoek verwys terwyl 30 nog aan die gang is. Woordvoerder Lisa Schickerling sê desondanks is geen enkele lid nog aan tugoptrede onderwerp nie en […]
# Die parlementêre ad hoc-komitee wat bewerings van politieke inmengery, korrupsie en misdadigheid in die strafregstelsel ondersoek, oorweeg vandag sy voorlopige verslag. Die komitee het maande lank na getuienis geluister ná bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Sedert getuienis in Maart afgehandel is, het die komitee daaraan gewerk om bewyse wat voorgelê is in […]
# Build One SA sê die land se ekonomie berus op hulpbronontginning en is gebou om die verkoop van steenkool, platinum en ander minerale aan die res van die wêreld te fasiliteer. Suid-Afrika is een van die wêreld se grootste produsente van platinum, goud en chroom. Graham Charters van BOSA sê ekonomieë wat op hulpbronontginning […]
# Die Amerikaanse gesant en president Donald Trump se skoonseun, Jared Kushner, het gister seldsame gesprekke met Hamas-leiers in Egipte gevoer. Die besprekings het gefokus op die implementering van Trump se Raad van Vrede 15-puntplan waarvolgens Hamas moet ontwapen in ruil vir ‘n volle Israeliese militêre onttrekking uit die Gazastrook. Die plan sal lei tot […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die multidissiplinêre span onder leiding van die Valke geloof nadat ʼn tweede verdagte in die moord op twee lede van die Teenbende-eenheid en twee vroue verlede week in Reigerpark gearresteer is. Die 24-jarige verdagte is gister aangekeer ná die span se intensiewe opsporingsoperasie. Die eerste verdagte, […]