# Die Amerikaanse gesant en president Donald Trump se skoonseun, Jared Kushner, het gister seldsame gesprekke met Hamas-leiers in Egipte gevoer. Die besprekings het gefokus op die implementering van Trump se Raad van Vrede 15-puntplan waarvolgens Hamas moet ontwapen in ruil vir ‘n volle Israeliese militêre onttrekking uit die Gazastrook. Die plan sal lei tot […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die multidissiplinêre span onder leiding van die Valke geloof nadat ʼn tweede verdagte in die moord op twee lede van die Teenbende-eenheid en twee vroue verlede week in Reigerpark gearresteer is. Die 24-jarige verdagte is gister aangekeer ná die span se intensiewe opsporingsoperasie. Die eerste verdagte, […]
# Die adjunkminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Thandi Moraka, het die media gevra om ʼn meer ingeligte begrip van migrasie en streeksverhoudings te help bevorder. Sy het mense wat Suid-Afrika binnekom aangemoedig om immigrasiewette en -regulasies na te kom voor vandag se 46ste algemene vergadering van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Durban. Moraka sê migrasie […]
# President Cyril Ramaphosa sê die 46ste Gewone Beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat vandag in Durban plaasvind, is ‘n geleentheid om politieke verbintenisse te hernu om die streek verder te verenig en te integreer. Hy het gisteraand ‘n verwelkomingsdinee in eThekwini aangebied ter ere van staatshoofde, hoofde van afvaardigings en spesiale gaste wat die […]
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, sê die afgelope 32 jaar onder ANC-bewind het toegang tot water tot 91,3-persent en sanitasie tot 85,6-persent gestyg. Hy het gister by die ANC se inligtingsessie oor die party se plaaslike regeringsmanifes-hersiening gesê hy erken dat water een van die land se grootste diensleweringsprobleme bly. Die […]
# Sokker: Kameroen het Malawi 3-0 verslaan in Rabat, Marokko, en hul heel eerste Afrikabeker-titel vir vroue ingepalm. Marie Ngah het twee doele aangeteken in die eerste helfte en Naomi Ndjoah Eto het kort voor rustyd nog een bygevoeg. Kameroen is die vierde land om WAFCON te wen na Suid-Afrika, Nigerië en Ekwatoriaal-Guinee. Kameroen se […]