# Die Vryemarkstigting sê hy het herhaaldelik gewaarsku dat Nasionale Gesondheidsversekering onbekostigbaar, ongrondwetlik, ekonomies vernietigend en strydig met vryheid van keuse in gesondheidsorg is. Die Konstitusionele Hof het Artikel 36 tot 40 van die Wet op Nasionale Gesondheidsorg ongrondwetlik verklaar. Hierdie afdelings hou verband met die staat se beheer oor waar gesondheidsorg-praktisyns of praktyke mag […]
# Die MK-party het ‘n beroep op die regering gedoen om dringend in te gryp nadat Israelse magte ses Suid-Afrikaners wat aan boord van die Global Sumud Flotilla was, aangehou het. Hulle was deel van ‘n groep van sowat 100 aktiviste wat probeer het om van Turkye na Gaza te vaar om die Israelse blokkade […]
# Die Suid-Afrikaanse tak van die Anti-Apartheid Movement for Palestine veroordeel Israel se aanvalle op bote wat deel is van die Global Sumud-flottielje. Ses Suid-Afrikaners is Maandag deur Israelse magte aangekeer nadat die flottielje in internasionale water voorgekeer is terwyl hulle probeer het om deur die Gaza-blokkade te breek en hulp te verleen. Die beweging […]
# Eskom voer verkennende gesprekke met die Wêreldbank oor die befondsing van ‘n multimiljard-dollar kernprogram. Die Koeberg Kernkragstasie naby Kaapstad is Afrika se enigese werkende kernkragstasie. Die kragverskaffer stel voor vier-duisend-800 megawatt van konvensionele waterdruk-reaktors en 400 megawatt van klein modulêre reaktors. Ten minste die helfte van die klein modulêre reaktors sal bestem wees vir […]
# Krieket: Die driemalige kampioen, Kolkata Knight Riders, het Mumbai Indians met vier paaltjies verslaan om hul geringe hoop lewend te hou om die Indiese Premierliga se uitspeelronde te haal. Mumbai, wat reeds uitgeskakel is, het 147 vir agt aangeteken. Manish Pandey het daarna 45 van 33 balle behaal en Rovman Powell het 40 bygedra, en […]
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die nuwe Gautengse provinsiale taakspan bekendgemaak. Die taakspan se provinsiale sameroeper is Panyaza Lesufi; sy adjunk is Mandla Nkomfe; Sochayile Khanyile is die provinsiale koördineerder met sy adjunk Nomantu Nkomo-Ralehoko; en die provinsiale fondsinsamelaar is Tasneem Motara. Die ANC se nasionale woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê die span […]
# President Cyril Ramaphosa sê Botswana kan op Suid-Afrika reken as betroubare buurman, vriend en vennoot op sy pad van modernisering en na ‘n toekoms van volgehoue ontwikkeling en voorspoed. Hy het die opmerkings gisteraand by ‘n staatsbanket in Gaborone gemaak. Die president is op ‘n tweedaglange staatsbesoek aan die land waar hy medevoorsitter is […]