# Krieket: Die Proteas het ʼn oortuigende oorwinning oor Zimbabwe behaal om die T20-drienasiesreeks in Windhoek, Namibië, te wen. Jordan Hermann het sy eerste T20-vyftigtal behaal en Suid-Afrika met 53 van 29 balle gehelp om 205 vir vyf op die telbord te plaas. Daarna het Bjorn Fortuin en Duan Jansen elkeen drie paaltjies platgetrek en […]
# Die Gautengse Departement van Onderwys het 805-duisend-688 aanlyn aansoeke vir graad 1 en 8 vir die 2027 akademiese jaar ontvang. ‘n Totaal van 357-duisend-468 ouers en voogde het op die aanlyn toelatingstelsel geregistreer. Op graad 1-vlak het Laerskool Akasia die meeste aansoeke ontvang met een-duisend-355, terwyl Hoërskool Langenhoven in Tshwane die meeste aansoeke vir […]
# President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens tree tans onder ‘n ongekende openbare soeklig op, gegewe die onthullings wat uit die Madlanga-kommissie na vore gekom het. Hy het gister die geleentheidsrede gelewer by die SAPD-herdenkingsdag by die Uniegebou in Pretoria. Twaalf beamptes is tussen April verlede jaar en Maart vanjaar in die uitvoering van […]
# Rugby: Die Springbokke en die All Blacks sal Saterdag sonder die sleutelspelers Cheslin Kolbe en Ardie Savea opdraf in die laaste toets in Baltimore, VSA. Kolbe het ‘n gebreekte kakebeen opgedoen in Suid-Afrika se 29-24 oorwinning in die derde toets in Johannesburg, terwyl kaptein Savea sy regterskouer ontwrig het. Die Springbok-stutte Carlu Sadie, Boan […]
# Suid-Afrika se toerismebedryf ervaar die uitwerking van die Iran-oorlog, aangesien ontwrigtings in Midde-Oosterse lugroetes internasionale vlugte verminder. Besoekersgetalle uit China het jaar-op-jaar met 20-persent afgeneem, met ongeveer 40-persent van geskeduleerde Chinese sitplekke na Suid-Afrika wat verlore gegaan het. Bedryfsleiers sê reisigers wend hulle tot alternatiewe roetes, terwyl hoër brandstofkoste en vliegtuigkaartjies steeds kommer wek. […]
# Die Gautengse Wetgewer se Gemeenskapsveiligheidskomitee het ernstige kommer uitgespreek oor die toename in misdaad in Honeydew, wat as die provinsie se swakste polisiestasie aangewys is. Moord het met elf-persent toegeneem, seksuele oortredings met 22-persent en aanranding met die doel om ernstig te beseer met 26-persent. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê bendegeweld vererger onsekerheid. Hy […]
# Die operasionele direkteur van die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep, Cassey Chambers, het ‘n beroep gedoen op vinnige optrede om selfdood aan te spreek. September word tans as Seldoodvoorkomingsmaand erken. Chambers sê in ‘n onderhoud met die SABC selfdood is die tweede grootste oorsaak van sterftes onder 15- tot 29-jariges, terwyl mans ongeveer 80-persent van […]
# Die AmaZulu-koning Misuzulu kaZwelithini is omgekrap omdat hy uitgesluit word van groot geleenthede wat in KwaZulu-Natal gehou word, insluitend die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapsberaad in Durban. By die uMkhosi Womhlanga, ook bekend as die Rietdans, by die eMachobeni koninklike paleis in Ngwavuma, het die koning gesê dit is oneerbiedig om hoëprofiel-geleenthede in sy provinsie aan te […]
# Die Activists and Citizens Forum sê die kandidaatregistrasiegeskil tussen die ANC en die Verkiesingskommissie sal die kommissie se geloofwaardigheid toets. Die ANC hou vol dat hulle hul kandidaatlyste betyds ingedien het, maar tegniese probleme ondervind het. Die OVK ontken enige stelselprobleme, maar die ANC eis ‘n ondersoek en het gedreig om die Verkiesingshof te […]