# Rugby: Die Springbokke en die All Blacks sal Saterdag sonder die sleutelspelers Cheslin Kolbe en Ardie Savea opdraf in die laaste toets in Baltimore, VSA. Kolbe het ‘n gebreekte kakebeen opgedoen in Suid-Afrika se 29-24 oorwinning in die derde toets in Johannesburg, terwyl kaptein Savea sy regterskouer ontwrig het. Die Springbok-stutte Carlu Sadie, Boan Venter en Ntuthuko Mchunu, sowel as die veelsydige voorspelers Cobus Wiese en Ben-Jason Dixon, sal ook nie die reis na die VSA maak nie. Die All Blacks sal boonop sonder die beseerde Quinn Tupaea en Luke Jacobson moet klaarkom.
Rugby: Cheslin Kolbe en Ardie Savea mis die laaste toets in die VSA