# ActionSA het kommer uitgespreek oor berigte dat die DA oorweeg om die Kaapse raadslid Abdulkader “AK” Elyas na die Parlement of die Wes-Kaapse Wetgewer te bevorder. Die voorsitter van ActionSA in die Wes-Kaap, Dereleen James, sê Elyas is skuldig bevind in ‘n interne DA-tugproses aan die vervalsing van kwalifikasies en oneerlikheid. James doen ‘n […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement versterk die werksmag van sy Nood Mediese Dienste met 167 amptenare wat die Hoër Sertifikaat in Openbare Bestuur voltooi het. Die program, wat saam met Regenesys-sakeskool aangebied word, fokus op leierskap, bestuur en operasionele besluitneming. Daarbenewens het 117 Nood Mediese Sorg-studente gedurende die 2025/26-boekjaar met meer as 90 geslaag. Die woordvoerder […]
# MOVE SA, gelei deur sakeman Rali Mampeule, is amptelik in Johannesburg bekendgestel as ‘n nuwe politieke party in Suid-Afrika. Die party streef daarna om verantwoordbare leierskap en regering, ekonomiese geleenthede, verbeterde dienslewering en betekenisvolle burgerdeelname te bied. Die tydens die bekendstelling is MOVE SA se politieke visie, prioriteite en planne vir die land uiteengesit. […]
Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en Omgewing, Bernice Swarts, en die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, vier vandag Internasionale Skoonlugdag by die Molekwa-sportkompleks in Atteridgeville. Die viering verhoog die bewustheid van lugbesoedeling, afvalbestuur, klimaatsverandering en openbare gesondheid. Gemeenskapsbewustheidsveldtogte sal inwoners opvoed oor die gevolge van onwettige storting en oop verbranding, terwyl die veilige vernietiging van […]
# Die bekende Suid-Afrikaanse countrysanger, Tommy Dell, is in ‘n kritieke maar stabiele toestand in ‘n hospitaal in Nelspruit nadat hy gisteraand in ‘n ernstige motorongeluk betrokke was. BOK Radio, waar die 84-jarige ‘n gereelde aanbieder is, het in ‘n verklaring op sy Facebook-blad gesê dat twee ander passasiers ongelukkig in die ongeluk omgekom het. […]
# President Cyril Ramaphosa het die 12 polisiebeamptes vereer wat gedurende die afgelope boekjaar in die uitvoering van hul pligte dood is. Hy het tydens die SAPD-herdenking in Pretoria gesê die beamptes moet nie as statistieke onthou word nie, maar as familielede en kollegas. Ramaphosa sê polisieveiligheid is almal se verantwoordelikheid. Hy het gevra vir […]
# Die Stad Tshwane het ‘n strategiese vennootskap met Harambee Youth Employment Accelerator gesluit om jeugwerkloosheid deur middel van sy Ithuba-program aan te pak. Die vennootskap sal Harambee se jeugondersteuning en kontaksentrumstelsels gebruik om werk- en opleidingsgeleenthede aan jongmense te bied. Tshwane beoog om oor drie jaar 30-duisend ekonomiese geleenthede deur middel van werkgereedheid, werkgeleenthede, […]
# Die EFF in Gauteng het die provinsie se Tesourie geprys vir die handhawing van ‘n skoon oudit vir die 2025/26 boekjaar. Die party sê die resultaat weerspieël gedissiplineerde finansiële bestuur en sterker interne beheermaatreëls. Die Tesourie het meer as sewe-miljard-rand in provinsiale inkomste ingevorder en e-tol-skuldverpligtinge nagekom terwyl noodsaaklike dienste beskerm word. Die EFF […]