# ʼn Tweede verdagte is gearresteer in verband met die moord verlede week op twee beamptes van die Teenbende-eenheid en twee vroue in Reigerpark, Ekurhuleni. Die 24-jarige verdagte is gistermiddag in Reigerpark aangekeer ná die multidissiplinêre span se intensiewe opsporingsoperasie. Hy sal hierdie week in die hof verskyn. Verlede week het die 23-jarige Reagan Collis […]
# Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê drie mense wat probeer het om ongemagtigde toegang tot die 46ste beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Durban te verkry, is in hegtenis geneem. Twee Kongolese burgers is Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om toegang tot die lokaal te verkry met akkreditasie wat nie […]
# Minstens ses mense is die naweek in Rusland dood na een van Oekraïne se grootste lugaanvalle sedert die begin van die oorlog. In ‘n teenaanval na onlangse ballistiese missielaanvalle deur Moskou, het Kiëf een-duisend-478 hommeltuie en minstens nege kruismissiele afgevuur. ‘n Pakhuis wat aan die Russiese verspreidingsmaatskappy Wildberries behoort, nywerheidsaanlegte en raffinaderye is geteiken. […]
# Rugby: Die Cheetahs het die Blou Bulle met 62-52 op Loftus Versfeld verslaan om nader te beweeg aan ‘n plek in die Curriebeker-halfeindronde. Die Bulle was met rustyd 17-47 agter, maar het hard geveg tot die laaste minuut. Die Cheetahs kon egter die gashere se laat aanval weerstaan en het nege drieë teenoor die […]
# Die MK-party vra ‘n omvattende evaluering van die ondersteuning wat aan vrouesport in Suid-Afrika verskaf word. hy sê sportsukses vereis volgehoue en betekenisvolle insette, insluitend voldoende befondsing, gehalte fasiliteite, professionele voorbereiding, gestruktureerde ontwikkelingsprogramme, tegniese kundigheid, mediese en welsynsondersteuning, sowel as toeganklike roetes vir vroue en meisies om aan sport deel te neem en te […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê sy departement het sy visie vir geïntegreerde, tegnologie-gedrewe infrastruktuurlewering na die wêreldverhoog geneem deur sy deelname aan die Kunsmatige Intelligensie vir Ontwikkelende Lande Forum, wat in Genève, Switserland, gehou is. Hy sê by die beraad het die departement getoon hoe die regering langtermyn infrastruktuurbeplanning, betroubare data, […]
# AfriForum het ‘n aansoek vir minagting van die hof teen die EFF en sy leier, Julius Malema, by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien. Die organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die aansoek kom ná die EFF en Malema se hernieude oproepe tot onwettige grondbesetting, ten spyte van ‘n hofbevel wat AfriForum in 2017 […]
# Die vakverbond Saftu sê meer as drie dekades na apartheid word reusedele van Suid-Afrika se minerale rykdom steeds beheer volgens die logika van private verkryging. Asive Dyani van Saftu sê mynbougemeenskappe bly dikwels arm terwyl rykdom wat onder hul voete gemyn word, na korporasies, aandeelhouers en finansiële markte vloei. Sy sê Suid-Afrika kan nie […]
# Die Wes-Kaapse polisie het die moord Saterdagaand in Nyanga, Kaapstad op ‘n 37-jarige polisiebeampte wat van diens af was veroordeel. Polisiewoordvoerder, Novela Potelwa, sê die polisie op patrollie het reageer op skote wat in die gebied gehoor is toe hulle op ‘n groep mense in Hanistraat afgekom het. Sy sê met hul aankoms op […]