# Die bekende Suid-Afrikaanse countrysanger, Tommy Dell, is in ‘n kritieke maar stabiele toestand in ‘n hospitaal in Nelspruit nadat hy gisteraand in ‘n ernstige motorongeluk betrokke was. BOK Radio, waar die 84-jarige ‘n gereelde aanbieder is, het in ‘n verklaring op sy Facebook-blad gesê dat twee ander passasiers ongelukkig in die ongeluk omgekom het. Dell is veral bekend vir sy nommer een-treffer “Teddy Bear”, wat 26 weke bo-aan die Suid-Afrikaanse musiektreffersparade deurgebring het.
Legendariese Suid-Afrikaanse countrysanger Tommy Dell in hospitaal na ernstige ongeluk