# President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens tree tans onder ‘n ongekende openbare soeklig op, gegewe die onthullings wat uit die Madlanga-kommissie na vore gekom het. Hy het gister die geleentheidsrede gelewer by die SAPD-herdenkingsdag by die Uniegebou in Pretoria. Twaalf beamptes is tussen April verlede jaar en Maart vanjaar in die uitvoering van hul pligte dood. Ramaphosa sê die onthullings van die Madlanga-kommissie het wettige vrae oor polisiëring, leierskap, aanspreeklikheid en institusionele integriteit laat ontstaan:
Ramaphosa sê SAPD moet betroubaar, bekwaam, gedissiplineerd en eties wees [KLANK]
ENG RamaphosaOnAccountability