Skip to content

Krieket: Proteas klop Zimbabwe en kraai koning in T20-drienasiesreeks

# Krieket: Die Proteas het ʼn oortuigende oorwinning oor Zimbabwe behaal om die T20-drienasiesreeks in Windhoek, Namibië, te wen. Jordan Hermann het sy eerste T20-vyftigtal behaal en Suid-Afrika met 53 van 29 balle gehelp om 205 vir vyf op die telbord te plaas. Daarna het Bjorn Fortuin en Duan Jansen elkeen drie paaltjies platgetrek en Zimbabwe was na 18 boulbeurte op 157 almal uit. Die Proteas fokus nou op die eendagreeks van drie wedstryde teen gasheerland Namibië, en die openingswedstryd is Woensdag.