Skip to content

Krieket: Sterk Australiese groep van 16 aangewys vir toetsreeks teen Suid-Afrika

# Krieket: Australië het ʼn sterk groep van 16 spelers aangekondig vir volgende maand se reeks van drie toetse in Suid-Afrika. Kaptein Pat Cummins, Josh Hazlewood, Mitchell Starc en Nathan Lyon sal die boul-aanval lei, terwyl Steve Smith die kolwers lei. Die kolwer Marnus Labuschagne, wat tans nie op dreef is nie, het sy plek behou, terwyl Cooper Connolly, Michael Neser en Matthew Kuhnemann ook ingesluit is. Australië se toetsspan keer die eerste keer na Suid-Afrika terug ná die omstrede skuurpapier-skandaal van 2018.