# Amerika se adjunkpresident, JD Vance, het burgers aangemoedig om die Republikeine in November se middeltermynverkiesing te steun en aangevoer die Demokrate vaar heelwat swakker. Die Republikeinse Party probeer om beheer van die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat te behou, groter steun vir sy kongreskandidate te werf en kiesers se kommer oor die ekonomie […]
# Sokker: Frankryk se beheerliggaam, die FFF, het sy steun onttrek vir FIFA se president, Gianni Infantino, se herverkiesing volgende jaar. Hy is veroordeel oor sy mislukte planne om aandele in die Wêreldbekertoernooi en ander kompetisies aan beleggers te verkoop. Die Europese liggaam UEFA, AFC van Asië en die Noord-Amerikaanse beheerliggaam, CONCACAF, sê Infantino moet […]
# Motorsport: George Russell sê hy sal geluk nodig hê om sy Mercedes-spanmaat, Kimi Antonelli, in te haal en Formule Een se bestuurders-kampioenskap te wen. Hy het Antonelli in Julie laas in Brittanje geklop. Die Italianer het onlangs van die 19de plek teruggeveg om sy tuis-wedren in Monza te wen. Die Brit is 66 punte […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die Ekurhuleni-metro se Boubeheer-departement het uiteindelik erken bouwerk op ʼn eiendom in Ravenklip, Boksburg, is onwettig. Die party het in Junie klagtes van inwoners ontvang en die metro amptelik versoek om te bevestig dat die eienaar goedgekeurde bouplanne het. Woordvoerder Denise Janse van Rensburg sê die Wet op Nasionale Bouregulasies […]
# Vyf-en-vyftig onwettige immigrante is tydens ʼn multidissiplinêre misdaadvoorkomingsoperasie in Bronkhorstspruit en Cullinan in Tshwane aangekeer en aan immigrasiebeamptes oorhandig. Die optrede deur Operasie Shanela het ook gelei tot die inhegtenisneming van 376 verdagtes. Polisiewoordvoerder Johan van Dyk sê hulle word verdink van misdade soos moord, poging tot moord, gewapende roof en verkragting:
# Inwoners van Carnival Gardens in Salfin, Boksburg, Ekurhuleni eis ingryping deur die Gautengse Huurbehuisingstribunaal. Dit hou verband met 888 wooneenhede wat deurloop onder herhaalde krag- en wateronderbrekings omdat die bestuursagent, Instratin Properties, na bewering nie die munisipale rekeninge betaal nie. Die inwoners se verteenwoordiger, Mbali Dlamini, sê dit gebeur, al koop en betaal huurders […]
# Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Dave Rennie, het ʼn hele paar veranderinge aangebring vir môre se laaste toets in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen Suid-Afrika in Baltimore. Richie Mo’unga maak sy eerste toetsverskyning sedert 2023 wanneer hy op losskakel uitdraf. Anton Lienert-Brown en Ethan Blackadder vervang die beseerde Quinn Tupaea en Luke Jacobson. Peter Lakai verskuif […]
# Die Afrika-sentrums vir Sieketebeheer en -Voorkoming sê die voortgesette uitbreking van die Bundibugyo-stam van die Ebola-virus in die Demokratiese Republiek die Kongo versprei vinnig buite die middelpunt. Nuwe gevalle en sterftes het in die middelpunt, die Ituri-provinsie, afgeneem, maar skerp gestyg in die aangrensende Noord-Kivu en Haut-Uele. Ses-duisend-843 gevalle is aangemeld, insluitend drie-duisend-310 sterftes. […]