Skip to content

Rugby: All Blacks-afrigter skommel span vir laaste toets teen Bokke

# Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Dave Rennie, het ʼn hele paar veranderinge aangebring vir môre se laaste toets in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen Suid-Afrika in Baltimore. Richie Mo’unga maak sy eerste toetsverskyning sedert 2023 wanneer hy op losskakel uitdraf. Anton Lienert-Brown en Ethan Blackadder vervang die beseerde Quinn Tupaea en Luke Jacobson. Peter Lakai verskuif van flank na Ardie Savea se plek op agsteman. Die haker Codie Taylor sal die span aanvoer. Rennie het besluit op ʼn verdeling van vyf voorspelers en drie agterspelers op die bank.