# Die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, verwelkom Kanada se belofte om te help om Kiëf se lugverdediging te versterk. Hy en premier Mark Carney het ‘n vennootskap van 100-jaar gesluit wat langtermyn-samewerking in verdediging en veiligheid vestig. Dit volg te midde van Rusland se verskerpte hommeltuig- en missielaanvalle, terwyl Kiëf se langafstand-see- en -lug-hommeltuie raffinaderye […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika moet sy plaaslike regeringstelsel ingrypend heroorweeg, want dieselfde benadering vir alle munisipaliteite is nie meer doeltreffend nie. Hy sê munisipaliteite verskil heelwat wat betref ekonomiese grondslag, hulle vermoë om inkomste in te win, infrastruktuurbehoeftes en funksies wat hul kan verrig. Die instituut se woordvoerder Terence Corrigan sê ‘n […]
# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus bereik môre sy 100ste toets in die vierde kragmeting teen Nieu-Seeland in Baltimore, Amerika. Hy het die Bokke sedert 2018 gelei tydens 73 oorwinnings, een gelykop-stryd en 25 nederlae, en die Wêreldbeker twee keer verower. Jacques Nienaber was tussen 2020 en 2023 afrigter in 39 toetse, maar Erasmus was […]
# Transnet sê die verkoop van ‘n belang van 49,99-persent in Durban se houerterminaal gee die toon aan vir toekomstige vennootskappe met die privaat sektor. Die transaksie het ‘n wins van 12,5-miljard-rand opgelewer en bygedra tot Transnet se jaarwins van 4,6-miljard-rand. Uitvoerende hoof Michelle Phillips sê vennootskappe sal help om doeltreffendheid en mededinging op die […]
# Die vakbond GIWUSA eis ‘n leefbare loon van Masterpack, wat deel van die Bidvest-groep is, terwyl werkers voortgaan met die beskermde staking wat Maandag begin het. GIWUSA se organiseerder, Sipho Linda, sê dit moet ‘n verhoging van nege-persent vir alle werkers insluit om te verseker almal trek voordeel daaruit. Hy sê bestuur moet uitstaande […]
# Die Verkiesingskommissie sê die ANC moet aanspreeklikheid aanvaar nadat sy kandidatelyste vir ses munisipaliteite nie betyds ingedien is nie. Die ANC voer in sy aansoek in die Verkiesingshof aan die kandidaatbesonderhede is voor die sperdatum op die OVK se stelsel vasgelê, maar tegniese probleme het sy administrasie verhinder om die finale indiening te voltooi. […]
# Rugby: Daar is volgens berigte groot belangstelling in môre se toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Baltimore, Amerika, maar al 71-duisend kaartjies sal waarskynlik nie verkoop word nie. Dié eerste wedstryd tussen die aartsvyande op Amerikaanse bodem kom teen ‘n stywe prys, met die goedkoopste kaartjies wat verkoop vir gelykstaande aan […]
# Die Kaap die Goeie Hoop-DBV steun redelike, praktiese en afdwingbare munisipale regulasies oor die aanhou van diere. Die metro se Verordening oor die Aanhou van Diere is beskikbaar vir openbare kommentaar. Die voorgestelde verordening kan verander hoe honde in openbare plekke geïdentifiseer en beheer word, hoe aansoeke om meer diere aan te hou beoordeel […]