Skip to content

Instituut sê een benadering vir alle munisipaliteite werk nie meer nie [KLANK]

# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika moet sy plaaslike regeringstelsel ingrypend heroorweeg, want dieselfde benadering vir alle munisipaliteite is nie meer doeltreffend nie. Hy sê munisipaliteite verskil heelwat wat betref ekonomiese grondslag, hulle vermoë om inkomste in te win, infrastruktuurbehoeftes en funksies wat hul kan verrig. Die instituut se woordvoerder Terence Corrigan sê ‘n hersiene stelsel moet verantwoordelikhede en hulpbronne beter belyn en aansporings skep vir munisipaliteite om hul eie inkomste in te win:

ENG CorriganOnSystem