# Die Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n voorlopige hofbevel verkry om drie eiendomme en vyf voertuie te bevries wat verbind word met ‘n beweerde bedrieglike biblioteekprojek van vier-miljoen-rand in KwaZulu-Natal. Die bates behoort aan Liyabongeka Trading Enterprise en die eienaar, Thabile Jacqueline Xaba. Die eenheid beweer daar was onreëlmatighede met die verkrygingsproses en kontrakte, asook bedrieglike […]
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het Bafana Mahungela skuldig bevind aan die moord op ‘n onderwyseres van die Spesiale Skool Deltapark, Kirsten Kluyts, tydens ‘n MyRun-wedloop in Parkmore, Sandton, in Oktober 2023. Hy is ook skuldig bevind aan ontvoering, roof met verswarende omstandighede, poging tot verkragting en regsverydeling. Regter Ian Cox sê die staat het […]
# Irans-gesteunde Houthi-magte het beheer oorgeneem van die Jemeense hawestad Mocha en beweeg verder af langs die Rooisee. Dit volg nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, gesê het hy verwag die oorlog met Iran sal ná die middeltermynverkiesing eindig. Jemeense militêre bronne sê die Houthi’s het hul posisie verder versterk in die suidelike toegang tot […]
# Rugby: Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Roelf Meyer, sê môre se toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Baltimore vertoon sport-diplomasie op sy beste. Suid-Afrika loop 2-1 voor in Rugby’s Greatest Rivalry nadat hy die eerste wedstryd verloor het, wat die Bokke se ingesteldheid verskerp het, en hulle mik nou na ‘n […]
# Die derde beskuldigde in die moord op die musikant Warrick “DJ Warras” Stock, Hlengiwe Buthelezi, het haar borgtogaansoek laat vaar in die Johannesburgse Landdroshof. Die 40-jarige word aangekla van moord en sameswering tot moord nadat Stock in Desember doodgeskiet is. Die staat beweer Buthelezi het besonderhede van sy voertuig gestuur aan haar medebeskuldigde en […]
# Activists and Citizens Forum waarsku die parlementêre ad-hoc-komitee is bloot ‘n vermorsing van tyd en belastinggeld. Die komitee se mandaat is om bewerings van onbehoorlike invloed in die strafregstelsel en politieke inmenging deur die uitvoerende gesag te ondersoek. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê hul is nie verbaas die komitee sukkel om ‘n […]