# Sokker: Banyana Banyana sal teen Taiwan, Ecuador en Oesbekistan te staan kom in die voorlopige fase van die tussenkontinentale uitspeelwedstryde vir volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi vir vroue in Brasilië. Suid-Afrika het hul plek in die uitspeelwedstryde verower na hul veldtog in die Afrikabekertoernooi, waar hulle Nigerië geklop het om hul Wêreldbekerdroom lewend te hou. […]
# Rugby: Drie Curriebekerwedstryde word vandag beslis en nog een Sondag, terwyl daar môre gefokus word op die eerste toets tussen die Springbokke en die All Blacks. Die Pumas verwelkom die Griekwas in Mbombela vanmiddag drie-uur, gevolg deur die wedstryd tussen die Blou Bulle en die Stormers-23 op Loftus. Vanaand kom die Haaie-vyftiental en die […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle sal nie aangehits word deur die agenda wat die All Blacks in die media voer oor hul speelstyl nie. Die eerste van vier toetse word môre op Ellispark in Johannesburg gespeel. Nieu-Seeland is bekend vir hoëtempo, vloeiende en veelfasige aanvallende rugby, terwyl die Bokke ‘n hoëdruk-, pragmatiese spelstyl […]
# Die Amerikaanse Departement van Finansies het sanksies ingestel teen tien mense wat na bewering deel is van ‘n netwerk verantwoordelik vir die oordrag van kontant aan Hisbollah. Dis na bewering gedoen deur koeriers wat op handelsvlugte tussen Libanon, Turkye en die Verenigde Arabiese Emirate gereis het. Die Kantoor van Buitelandse Batebeheer sê die netwerk […]
# Tennis: Die algehele prysgeld van vanjaar se Amerikaanse Ope beloop 1,74-miljard-rand, wat die grootste vergoedingspakket in die sport se geskiedenis is. Dis 20-persent meer as verlede jaar. Die twee enkelspelkampioene ontvang elk 88,4-miljoen-rand, en eersteronde-verloorders 2,25-miljoen-rand – die grootste bedrag in die geskiedenis vir spelers wat bloot die hooftrekking gehaal het. Die pakket sluit […]
# Twee pro-demokrasie-aktiviste wat jaarliks ‘n nagwaak gereël het om China se dodelike Tiananmen-onderdrukking te herdenk, is in ‘n Hongkongse hof skuldig bevind aan aanhitsing tot ondermyning. Die regerende Chinese Kommunistiese Party het in 1989 oorlogtenks ingestuur om vreedsame, studente-geleide demokrasie-betogings te onderdruk op die Tiananmen-plein in Beijing. Tien-duisend mense is na raming dood. Die […]