# Die voormalige Pakistanse premier, Imran Khan, is terug tronk toe geneem nadat hy etlike ure in die hospitaal deurgebring het. Dokters het hom medies gesond verklaar. Khan se party sê die stap skend ‘n bevel van die Hooggeregshof dat hy tot minstens middel-September onder mediese toesig moet bly. Owerhede sê hy is om veiligheidsredes […]
# Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het aspekte van sy getuienis voor die Madlanga-kommissie reggestel. Hy het erken hy het Getuie G ontmoet voor hy in die Orlando-polisiestasie in Gauteng ‘n saak gemaak het oor die beweerde misbruik van die polisie se geheime fonds. Adams het ook sy siening oor luitenant-generaal […]
# Graan SA sê byna 700-miljoen-rand kan oor die sojaboon-waardeketting verlore gaan weens die Johannesburgse Aandelebeurs se benadering tot die berekening van liggingsverskille. Die organisasie skat ‘n enkelverwysings-puntestelsel kan gemiddelde vervoeraftrekkings van 333-rand per ton tot gevolg hê, vergeleke met 113-rand onder sy voorgestelde multi-verwysingsmodel. Graan SA sê die verskil kan uiteindelik boere se verdienste […]
# Sokker: Banyana Banyana sal teen Taiwan, Ecuador en Oesbekistan te staan kom in die voorlopige fase van die tussenkontinentale uitspeelwedstryde vir volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi vir vroue in Brasilië. Suid-Afrika het hul plek in die uitspeelwedstryde verower na hul veldtog in die Afrikabekertoernooi, waar hulle Nigerië geklop het om hul Wêreldbekerdroom lewend te hou. […]
# Rugby: Drie Curriebekerwedstryde word vandag beslis en nog een Sondag, terwyl daar môre gefokus word op die eerste toets tussen die Springbokke en die All Blacks. Die Pumas verwelkom die Griekwas in Mbombela vanmiddag drie-uur, gevolg deur die wedstryd tussen die Blou Bulle en die Stormers-23 op Loftus. Vanaand kom die Haaie-vyftiental en die […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle sal nie aangehits word deur die agenda wat die All Blacks in die media voer oor hul speelstyl nie. Die eerste van vier toetse word môre op Ellispark in Johannesburg gespeel. Nieu-Seeland is bekend vir hoëtempo, vloeiende en veelfasige aanvallende rugby, terwyl die Bokke ‘n hoëdruk-, pragmatiese spelstyl […]