# Die Gautengse regering doen ‘n beroep op inwoners, ondernemings en instellings om water spaarsamig te gebruik terwyl verbruik steeds regoor die provinsie styg. Die bergingsvlakke van reservoirs daal steeds, hoewel pompstelsels byna voluit werk. Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane is verantwoordelik vir ongeveer 70-persent van die water wat deur Rand Water voorsien word. Die regering […]
# Die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Blade Nzimande, sê die Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap-toekennings is noodsaaklik om vroue te motiveer en meisies aan te moedig om loopbane in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde te volg. Hy sê die toekennings vorm deel van ‘n breër hervormings-program, ondersteun deur beurse, nagraadse befondsing en bystand […]
# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Lebogang Maile, sê sy departement is verbind tot die versterking van spesialis-onderwys. Hy het die Clapham Gespesialiseerde Sportskool in Queenswood, Pretoria, bekendgestel, die 40ste spesialis-skool in die provinsie. Maile sê die sportskool-model kombineer sportontwikkeling, akademiese onderwys, praktiese vaardighede en nuwe geleenthede om goed afgeronde […]
# Sokker: Die nuwe seisoen van die Engelse Premierliga begin vanaand, met die heersende kampioen Arsenal wat teen die nuweling in die liga, Coventry City, op die Emirates-stadion in Londen speel. Die twee ander nuwe spanne sal môre in aksie wees wanneer Hull City die stryd teen Manchester United aansê, en Ipswich Town en Sunderland […]
# Vyf mense word vermis nadat ‘n brand ‘n gebou verwoes het in die dorp Thusis in die Switserse Alpe. Dit het kort na middernag uitgebreek in ‘n gebou wat ‘n restaurant en woonstelle huisves. Agt mense is beseer, terwyl 14 mense ontsnap het. Ongeveer 100 brandbestryders is ontplooi en reddingspanne deursoek steeds die gebou. […]
# Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, beweer sy Artikel 27-beëdigde verklaring is verander en sy handtekening moontlik vervals op die dokument wat aan die Madlanga-kommissie voorgelê is. Hy sê belangrike inligting is uit die verklaring verwyder. Kommissarisse het bevraagteken hoe die dokument sy voorletters en handtekening kon bevat as dit nie […]
# ’n Skaap wat sewe jaar alleen in die Karoo oorleef het, het ’n nuwe beursfonds vir toekomstige boere geïnspireer. Rico het droogte, roofdiere en strawwe toestande oorleef voordat hy gevind is in die Moordenaars-Karoo op die grens van die Wes- en die Noord-Kaap. Hy het daarna ’n plaaslike rekord van 30,7-kilogram wol opgelewer. Die […]