Skip to content

Krieket: Nini en Bosch skitter met Vroue-Proteas wat Zimbabwe gemaklik klop

# Krieket: Nthabiseng Nini het vier paaltjies in haar eerste internasionale wedstryd laat kantel en Anneke Bosch het ‘n vinnige 72 lopies aangeteken in die Protea-vroue se oorwinning van agt paaltjies in die eerste T20-internasionale wedstryd teen Zimbabwe in Bulawayo. Zimbabwe is vir 89 lopies uitgeknikker met Nini wat vier paaltjies vir 17 lopies geneem het, waarna Suid-Afrika die teiken bereik het, met nog 54 balle oor. Bosch het die aanslag gelei met ses viere en drie sesse, terwyl Laura Wolvaardt met 22 onoorwonne lopies geëindig het. Die oorwinning gee Suid-Afrika ‘n vroeë voorsprong in die vyfwedstryd-reeks.