# Die vakbond NEHAWU veroordeel die Registrateur van Arbeidsverhoudinge se voorneme om die Vereniging van Staatsamptenare te deregistreer as ‘n vakbond. Woordvoerder Lwazi Nkolonzi sê die registrateur het ‘n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer na die uitspraak van die Arbeidsappèlhof, wat bekommerd is oor die VSA se gebrek aan voldoening aan die Wet op Arbeidsverhoudinge. […]
# Forum for South Africa eis sterker ingrypings om die koste van basiese voedsel en noodsaaklike huishoudelike goedere te verminder, energiesekerheid te verbeter en elektrisiteit mer bekostigbaar te maak. Statistiek Suid-Afrika berig dat verbruikersinflasie in Julie gedaal het tot 4,3-persent teenoor vyf-persent in Junie. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, het die regering gewaarsku om nie […]
# Die hertogin van Sussex, Meghan Markle, kan volgens berigte moontlik weer met toneelspel begin as sy en prins Harry na Brittanje terugkeer. Meghan het uitgetree toe hulle in 2018 getroud is en nadat sy reeds internasionaal bekend geword het vir haar rol in die regs-drama Suits. Sy is sedertdien weer te sien in haar […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het aanklagte van bedrog en korrupsie teruggetrek teen die hoof van die Polisie se Misdaadintelligensie-eenheid, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, brigadier Dineo Mokwele en hul medebeskuldigdes. Die besluit in die Pretoriase Landdroshof volg op ‘n hersiening deur die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, nadat die Madlanga-kommissie gehoor het die Ondersoekdirektoraat teen […]
# Die vakbond GIWUSA is bekommerd oor die konsep-hersiene elektrisiteitsprysbeleid. Dit stel ontbondelde, deursigtige fakturering in, beperk die verskuiwing van wanbetalingsverliese na verbruikers wat hulle verpligtinge nakom, brei gratis basiese toegang tot elektrisiteit uit en stel konsessie-tariewe vas vir sleutelnywerhede in nood. Zaki Mamdoo van GIWUSA sê die beginpunt van enige elektrisiteitsbeleid moet nie wees […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het fase drie van die Regering-Sakevennootskap verwelkom, wat toerisme as ‘n sleutel-aandrywer van ekonomiese groei en werkskepping identifiseer. Dis gemik op die verhoging van ekonomiese groei bo drie-persent, met voorkeurgebiede soos die verbetering van lugtoegang, die modernisering van visumverwerking, die verbetering van bestemmings-bemarking, toeriste-veiligheid en infrastruktuur-belegging. De […]
# President Cyril Ramaphosa vra verhoogde en meer gebalanseerde handel tussen Suid-Afrika en Zimbabwe. Hy het tydens die vierde sitting van die Suid-Afrika-Zimbabwe-binasionale kommissie in Pretoria gesê bilaterale handel het die afgelope vier jaar byna verdubbel, maar bly steeds swaar in die guns van Suid-Afrikaanse uitvoere. Hy dring aan dat albei lande die Afrika-vryhandelsgebied gebruik […]
# Die Gautengse regering doen ‘n beroep op inwoners, ondernemings en instellings om water spaarsamig te gebruik terwyl verbruik steeds regoor die provinsie styg. Die bergingsvlakke van reservoirs daal steeds, hoewel pompstelsels byna voluit werk. Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane is verantwoordelik vir ongeveer 70-persent van die water wat deur Rand Water voorsien word. Die regering […]