# Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, en die Russiese president, Vladimir Putin, het ooreengekom om bestaande bande tussen hul lande te versterk. Putin sê die BRICS-groepering moet ‘n nuwe platform vir wêreldwye groei bou wat nie deur Westerse reëls bepaal word nie. Modi en Putin het gesprekke in die Indiese hoofstad gevoer op die vooraand van ‘n BRICS-beraad vandag, wat die Chinese president, Xi Jinping, en Iran se president, Masoud Pezeshkian, ook sal bywoon. Putin se spesiale gesant, Kirill Dmitriev, het aan Reuters gesê BRICS ontwikkel van ‘n geopolitieke groepering tot ‘n meer praktiese ekonomiese vennootskap.
Indië en Rusland wil bande versterk, Putin vra BRICS om Westerse invloed teen te werk