Skip to content

VF Plus veroordeel oordadige gala te midde van Nelson Mandelabaai se dienskrisis

# Die Vryheidsfront Plus in die Oos-Kaap sê ‘n oordadige gala wat die burgemeester van Nelson Mandelabaai, Babalwa Lobishe, as deel van haar stadsrede gehou het, is ‘n klap in die gesig van inwoners wat met swak dienslewering worstel. Bill Harington van die party sê die munisipaliteit het te kampe met ‘n werkloosheidsyfer van 33-persent, verouderde infrastruktuur, finansiële druk en lae inkomstevordering, terwyl miljoene rand in voorwaardelike toekennings onbestee gebly het. Harington sê die metro moet op basiese dienste fokus en toesien dat openbare geld behoorlik aangewend word.