# Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, Mbuyiseli Madlanga, sê die getuienis van die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, laat vrae ontstaan of hy misbruik is of ‘n gewillige deelnemer was aan beweerde oortredings. Adams het die aantyging verwerp en gesê hy was nie willens en wetens betrokke nie en het niks finansieel […]
# Die Zambiese polisie het opposisieleier Brian Mundubile vir ondervraging ontbied oor ‘n beweerde komplot wat nasionale veiligheid bedreig. Mundubile, wat tweede gekom het in verlede week se verkiesing, het president Hakainde Hichilema se oorwinning verwerp en beweer die stemming is gemanipuleer. Hy wil die uitslag in die hof betwis. Die polisie sê Mundubile en […]
# President Cyril Ramaphosa sê verhoogde infrastruktuur-belegging is die sleutel tot die groei van die ekonomieë van Suid-Afrika en Zimbabwe en die uitbreiding van wederkerige handel. Ramaphosa het op die vierde Suid-Afrika-Zimbabwe-bi-nasionale kommissie in Pretoria gevra vir gesamentlike belegging in paaie, brûe, damme, lughawens, skole en gesondheids-instellings, asook nouer samewerking in mynbou, energie, water en […]
# Die liggame van twee Belgiese stappers wat 34-jaar gelede in die Switserse Alpe verdwyn het, is uiteindelik geïdentifiseer nadat ‘n smeltende gletser hul oorskot onthul het. Hulle was 39 en 41 toe hulle in 1992 verdwyn het terwyl hulle naby die Weissmies-berg gestap het. ‘n Stapper het op 26 Julie menslike oorskot op die […]
# Die vakbond NEHAWU veroordeel die Registrateur van Arbeidsverhoudinge se voorneme om die Vereniging van Staatsamptenare te deregistreer as ‘n vakbond. Woordvoerder Lwazi Nkolonzi sê die registrateur het ‘n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer na die uitspraak van die Arbeidsappèlhof, wat bekommerd is oor die VSA se gebrek aan voldoening aan die Wet op Arbeidsverhoudinge. […]
# Forum for South Africa eis sterker ingrypings om die koste van basiese voedsel en noodsaaklike huishoudelike goedere te verminder, energiesekerheid te verbeter en elektrisiteit mer bekostigbaar te maak. Statistiek Suid-Afrika berig dat verbruikersinflasie in Julie gedaal het tot 4,3-persent teenoor vyf-persent in Junie. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, het die regering gewaarsku om nie […]
# Die hertogin van Sussex, Meghan Markle, kan volgens berigte moontlik weer met toneelspel begin as sy en prins Harry na Brittanje terugkeer. Meghan het uitgetree toe hulle in 2018 getroud is en nadat sy reeds internasionaal bekend geword het vir haar rol in die regs-drama Suits. Sy is sedertdien weer te sien in haar […]