# Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het die name van kandidate vir vakante poste by die Inligtingsreguleerder op die Parlement se webwerf gepubliseer vir openbare kommentaar, voor 29 September. Ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting moet lede van die reguleerder toepaslik gekwalifiseer wees en Suid-Afrikaanse burgers wees. Die komitee […]
# Volgens die jongste ranglys vir internasionale studente-evaluering loop studente in verskeie Asiatiese onderwysstelsels wêreldwyd voor wat lees, wiskunde en wetenskap betref. Die beste resultate is behaal deur vier Chinese streke en Singapoer. Japan, Suid-Korea, Chinees-Taipei en Macau word ook onder die wêreld se toppresteerders gereken. Estland en die Verenigde Koninkryk was die enigste nie-Asiatiese […]
# Die Filippynse Kuswag sê hy het 30 liggame uit die wrak van ‘n veerboot gehaal wat hierdie week aan die brand geslaan het wat die dodetal op 35 te staan bring. Meer as 130 mense was aan boord van die MV June Aster toe die brand Woensdag uitgebreek het terwyl die vaartuig van Manila […]
# Motorsport: Mercedes se nuweling, Kimi Antonelli, was die vinnigste bestuurder in die tweede oefensessie vir die Spaanse Grand Prix op Madrid se nuwe renbaan. Hy was vinniger as Charles Leclerc van Ferrari. Antonelli se indrukwekkende rondetye het die pas aangegee tydens ‘n chaotiese sessie op die nuwe baanoppervlak. Die kampioenskapsvoorloper, Max Verstappen, het gesukkel […]
# Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Openbare Werke en Infrastruktuur het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, gevra om te verduidelik hoe die Telkom Towers-kompleks in Pretoria deur ‘n openbare-privaat vennootskap herontwikkel sal word. Macpherson het aangekondig die kostes sal tussen 1,8-miljard-rand en 2,2-miljard-rand beloop. Die komitee se voorsitter, Carol Phiri, sê […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika ondergaan ingrypende ekonomiese hervormings, met veranderings in die energie-, telekommunikasie-, logistieke- en watersektor. Ramaphosa het op die 18de BRICS-leiersberaad in Nieu-Delhi gepraat, tydens die Sakeleiers-rondetafelgesprek tussen Indië en Suid-Afrika. Hy sê die land het meer as ‘n dekade van elektrisiteitstekorte agtergelaat en betree nou ‘n nuwe era van belegging […]
# Eskom sê hy het tydens die 2026/2027-boekjaar beduidende omgewingsverbeterings behaal deur doelgerigte projekte om uitlaatgasse te verminder asook bedryfsingrypings by sy steenkoolkragstasies. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê skadelike stofuitstralings het met sowat 67-persent afgeneem. Sy sê dié verbetering dui op volgehoue vordering met die vermindering van uitstralings en die verbetering van betroubaarheid en […]