Nuus 13:00
BULLETIN 12 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika betree ‘n nuwe era van ekonomiese belegging
# Eskom verbeter die omgewingsprestasie van sy steenkoolkragstasies
# En motorsport: Antonelli is die vinnigste in die tweede oefensessie van die Spaanse Grand Prix
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika ondergaan ingrypende ekonomiese hervormings, met veranderings in die energie-, telekommunikasie-, logistieke- en watersektor. Ramaphosa het op die 18de BRICS-leiersberaad in Nieu-Delhi gepraat, tydens die Sakeleiers-rondetafelgesprek tussen Indië en Suid-Afrika. Hy sê die land het meer as ‘n dekade van elektrisiteitstekorte agtergelaat en betree nou ‘n nuwe era van belegging en mededinging. Ramaphosa sê die hervormings bied geleenthede om beleggings te lok, infrastruktuur te verbeter en ekonomiese groei te versterk:
# Die regering sê hy het Zimbabwiese migrante wat voor die Zimbabwiese konsulaat in Johannesburg byeengekom het, gehelp om na hul land van herkoms terug te keer. Die adjunk-regeringswoordvoerder, William Baloyi, sê 194 Zimbabwiese burgers is verwerk en op pad na Zimbabwe. Dit sluit 35 mans, 58 vroue en 101 minderjariges in. Baloyi sê 56 Nigeriese burgers is in ‘n afsonderlike proses verwerk met behulp van die Nigeriese ambassade, insluitend 18 mans, 17 vroue en 21 minderjariges:
# Eskom sê hy het tydens die 2026/2027-boekjaar beduidende omgewingsverbeterings behaal deur doelgerigte projekte om uitlaatgasse te verminder asook bedryfsingrypings by sy steenkoolkragstasies. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê skadelike stofuitstralings het met sowat 67-persent afgeneem. Sy sê dié verbetering dui op volgehoue vordering met die vermindering van uitstralings en die verbetering van betroubaarheid en beskikbaarheid van sy kragstasies:
# Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Openbare Werke en Infrastruktuur het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, gevra om te verduidelik hoe die Telkom Towers-kompleks in Pretoria deur ‘n openbare-privaat vennootskap herontwikkel sal word. Macpherson het aangekondig die kostes sal tussen 1,8-miljard-rand en 2,2-miljard-rand beloop. Die komitee se voorsitter, Carol Phiri, sê sy is diep bekommerd omdat die minister bewus is van onreëlmatighede met die verkryging van Telkom Towers:
# En nou na die buiteland:
# Die Filippynse Kuswag sê hy het 30 liggame uit die wrak van ‘n veerboot gehaal wat hierdie week aan die brand geslaan het wat die dodetal op 35 te staan bring. Meer as 130 mense was aan boord van die MV June Aster toe die brand Woensdag uitgebreek het terwyl die vaartuig van Manila af na die gewilde toeristebestemming Coron gevaar het. Drie-en-veertig mense is gered – van wie baie in die hospitaal behandel word – en soektogte duur voort na meer as 50 mense.
# En motorsport: Mercedes se nuweling, Kimi Antonelli, was die vinnigste bestuurder in die tweede oefensessie vir die Spaanse Grand Prix op Madrid se nuwe renbaan. Hy was vinniger as Charles Leclerc van Ferrari. Antonelli se indrukwekkende rondetye het die pas aangegee tydens ‘n chaotiese sessie op die nuwe baanoppervlak. Die kampioenskapsvoorloper, Max Verstappen, het gesukkel met die vasklouvermoë op die baan en waarsku versperrings kan dié nou baan in ‘n “motorvernietiger” verander. Die sessie is met ‘n rooi vlag onderbreek toe Racing Bulls se nuweling, Arvid Lindblad, in ‘n ongeluk betrokke was op die 13de draai. George Russell is intussen uiters bekommerd oor ongewone en vinnige bandslytasie voor vandag se belangrike kwalifiserende ronde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….