Skip to content

Justisiekomitee vra vir openbare insette oor kandidate vir die Inligtingsreguleerder

# Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het die name van kandidate vir vakante poste by die Inligtingsreguleerder op die Parlement se webwerf gepubliseer vir openbare kommentaar, voor 29 September. Ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting moet lede van die reguleerder toepaslik gekwalifiseer wees en Suid-Afrikaanse burgers wees. Die komitee sê ten minste een van die aangestelde lede moet ervaring hê as ‘n praktiserende advokaat of prokureur, of as ‘n professor in die regte aan ‘n universiteit.