# Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die nuwe Noordwes-LUR vir Onderwys, Desbo Mohono, en vra ‘n dringende hersiening van arbeidsverhoudinge. Die vakbond wil sterker betrokkenheid tussen die departement en georganiseerde arbeid hê, asook beter ondersteuning vir opvoeders en ander personeel. Zhulfa Graaff van die vereniging sê verbeterde dienslewering vereis voldoende personeel, veilige werksomstandighede, ondersteuning vir […]
# Die DA sê die regering moet dringend meer privaat ondernemings toelaat om deel te neem aan die bestuur van Suid-Afrika se hawens. Chris Hunsinger van die party sê Fase-3 van die regering-sakevennootskap moet werklike hervormings lewer om hawe-doeltreffendheid te verbeter en vertragings te verminder. Volgens Hunsinger kan privaat belegging meer mededinging, vaardighede en befondsing […]
# Rugby: ‘n Indrukwekkende groep voormalige Springbokke en All Blacks gaan Supersport se dekking van die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks hanteer. Die aanbieders, ontleders, kommentators en rugby-persoonlikhede sluit in Jean de Villiers, Schalk Burger, Steven Kitshoff, Richie McCaw, Dan Carter, Stephen Donald, Nick Mallett, Ricky Schroeder, Breyton Paulse, and Akona Ndungane. SuperSport sê die dekking spog […]
# Handgeskrewe notas deur Mahatma Gandhi is vir ‘n rekordbedrag van byna 28-miljoen-rand by ‘n veiling in Indië aan ‘n onbekende persoon verkoop. Die versameling van 688 handgeskrewe nabetragtings is oor twee jaar deur Gandhi geskryf vir sy hegte vriend en vryheidsvegter, Anand Hingorani. Dit dek onderwerpe soos waarheid, nie-gewelddadigheid, diens en morele verantwoordelikheid, en […]
# Deenadayalan Govender van die Valke in KwaZulu-Natal het bewerings ontken dat lede van die Teen-Bende-eenheid verantwoordelik was vir die dood van taxibaas en insleepdiens-sakeman Bevan Loftus en vier ander by ‘n woonstel in Morningside in Durban. Govender het voor die Madlanga-kommissie gesê sy span was buite die woonstel toe ‘n taktiese polisie-eenheid ingegaan het. […]
# ‘n Offisier van die Valke in KwaZulu-Natal, Deenadayalan “Deena” Govender, het ‘n klankopname by die Madlanga-kommissie gespeel, wat volgens hom pogings was om hom te dwing om die Provinsiale Polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi te betrek. Govender beweer Mavuso Ntandane, ‘n medewerker van die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, het hom met arrestasie en lang […]
# Rugby: Die verdedigende kampioene Griekwas het gisteraand ‘n tuis-Curriebeker-halfeindstryd verseker danksy ‘n oortuigende oorwinning van 38-14 oor die Pumas op die Mbombela-stadion. Griekwas was teen rustyd met 17-4 voor en het die tweede helfte oorheers met vyf drieë teenoor die Pumas se twee. Zane Bester het twee keer oorgeduik met die Griekwas wat hul […]
# Rugby: Volgens statistiek is die All Blacks vanmiddag die gunstelinge om die eerste toets teen die Springbokke op Ellispark te wen, hoewel die wêreldkampioene die onlangse wedstryde oorheers het. Nieu-Seeland het 63 van hulle 110 vorige wedstryde gewen en vier was gelykop. Maar die Bokke het vyf van hulle laaste ses wedstryde gewen, insluitend […]