# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê die party gaan in die komende plaaslikeverkiesing in nege munisipaliteite reg oor Limpopo meeding. Maimane het tydens die bekendstelling van BOSA se verkiesingsveldtog in Mphakane, Botlokwa, gepraat. Hy sê die party sal meer as 100 kandidate in die munisipaliteite stel om inwoners te verteenwoordig […]
# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê die party sal onnodige burokrasie vir klein ondernemings verminder en munisipale aankoopgeleenthede vir plaaslike ondernemings verbeter. Maimane het tydens die bekendstelling van BOSA se verkiesingsveldtog in Mphakane, Limpopo, gepraat. Hy sê hulle sal gemeenskapsvergaderings, diensverslagdoening op wyk-vlak en openbare prestasieteikens gebruik om te verseker […]
# Die DA sê Eskom se boubegrotings vir Medupi en Kusile weerspieël nie die volle koste vir Suid-Afrika nie. Hy sê die breër uitgawes wat met die projekte verband hou, moet ook in ag geneem word. Kevin Mileham van die DA sê Eskom se syfers toon goedgekeurde boubegrotings van 145-miljard-rand vir Medupi en 160,5-miljard-rand vir […]
# Motorsport: Lando Norris het ‘n skitterende voorste wegspringplek vir die eerste Spaanse Grand Prix op F-1 se splinternuwe Madrid-renbaan behaal. Die McLaren-renjaer het ‘n skouspelagtige finale rondte afgelê om die kampioenskapleier en Mercedes-renjaer, Kimi Antonelli, met slegs 0,011-sekondes te klop. Max Verstappen van Red Bull is in die derde plek, gevolg deur Ferrari se […]
# Tennis: Elena Rybakina het haar eerste VSA Ope-titel gewen nadat sy die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka, gister in ‘n opwindende eindstryd van drie stelle in New York geklop het. Sabalenka, van Kazakstan, het vroeër ook die Australiese Ope gewen. Sy het nou haar derde Grand Slam-titel ingepalm. Danksy die oorwinning is Rybakina nou eerste […]
# Die Parlement het bevestig dat ‘n man in sy dertigs Vrydag in die vroeë oggendure die parlementêre terrein onwettig betree het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die man is onmiddellik deur die Parlementêre Beskermingsdienste in hegtenis geneem. Volgens Mothapo is hy daarna aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig en hy is steeds in aanhouding:
# Die Griekwas is vir nog ‘n jaar gekroon Carling Currie-bekerkampioene nadat hulle ‘n swaarverdiende oorwinning van 23-16 teen die Pumas behaal het. Die tuisspan, wat gistermiddag in ‘n stampvol stadion in hul tuisdorp, Kimberley, gespeel het, het in die tweede helfte teruggeveg om die beker te behou. Dit is ondanks die Pumas se voorsprong […]