# Eskom het die finale betaling van die Stad Johannesburg en City Power ontvang, wat opgehoopte agterstallige elektrisiteitskuld van meer as 5,25-miljard-rand ten volle vereffen. Die nutsmaatskappy sê die stad se elektrisiteitsrekening vir Julie 2026, ter waarde van 1,86-miljard-rand, sal teen die vervaldatum van 31 Augustus betaal word. Eskom het gevolglik sy proses truggetrek, waarvolgens […]
# Die Leeus en die Haaie-15 het gister in ‘n opwindende Curriebeker-wedstryd by die Woodburn-stadion in Pietermaritzburg met 22-elk gelykop geëindig . Die Haaie het na die wenners gelyk nadat Meno Barnard se drie in die 76ste minuut hulle met 22-17 laat voorloop het. Die Leeus se heelagter, Gilermo Mentoe, het egter in die oomblikke […]
# Die DA in Noordwes sê die waarnemende munisipale bestuurder van Tswaing, Cyril Lesang Lobakeng, moet geskors word terwyl korrupsiebewerings teen hom ondersoek word. Die party voer aan dit sal moontlike inmenging met bewyse verhoed. Kagiso Mangwejane van die DA sê Tswaing het aanspreeklike leierskap nodig wat fokus op basiese dienste soos water, sanitasie en […]
# Vier toeriste word gesoek nadat hulle ‘n ongemagtig deur ‘n wildheining geklim en in die Krugerwildtuin gestap het. News24 berig die groep, insluitend ‘n tiener, het die park vanuit die Marlothpark-gebied binnegekom en langs die oewers van die Krokodilrivier geloop. ‘n Video van die voorval is op sosiale media versprei, en owerhede wil die […]
# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het die moord op voormalige wêreldbokskampioen Zolani “Last Born” Tete veroordeel. Tete is gisteraand buite sy huis in Mdantsane geskiet nadat twee gewapende verdagtes op hom losgebrand het terwyl hy gewag het vir ‘n hek om oop te maak. Sy 27-jarige vroue-passasier is beseer en in die hospitaal opgeneem. […]
# Die DA sê 144 persone is in hegtenis geneem vir beweerde pogings om Wes-Kaapse verkeersbeamptes om te koop. Die provinsiale regering ondersoek ook vyf sake wat verband hou met beweerde omkopery, korrupsie en wangedrag deur verkeersbeamptes. Nomafrench Mbombo van die party sê die arrestasies toon dat stappe gedoen word teen persone wat omkoopgeld aanbied […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging doen ‘n beroep op werkgewers in die motorbedryf om arbeidswette na te kom en hul werkers by die Vergoedingsfonds te registreer. Dit volg na inspeksies by omtrent 50 Gautengse vulstasies wat bevind het werkgewers registreer nie hulle werkers nie. Die vakbond waarsku dat werknemers wat aan diens beseer word, sonder mediese en […]
# Die Grensbestuursowerheid het ‘n tweede Ebola-simulasie-oefening by die Beitbrug-grenspos in Limpopo uitgevoer. Die tweedaagse oefening het Suid-Afrika se vermoë getoets om ‘n vermeende Ebola-geval op te spoor, te isoleer en daarop te reageer, terwyl die koördinering tussen gesondheids-, nood-, wetstoepassings- en grensowerhede versterk is. Mmemme Mogotsi van die owerheid sê die oefening is daarop […]