# President Cyril Ramaphosa sê meer gereelde en hewiger klimaatsrampe dreig om swaarverdiende ontwikkelingsvordering ongedaan te maak en ongelykheid te vererger. Ramaphosa het tydens die BRICS-leiersberaad in Nieu-Delhi gesê die bou van veerkragtigheid is noodsaaklik vir inklusiewe groei en menslike ontwikkeling. Hy het Indië geprys omdat hulle veerkragtigheid eerste stel en gesê dit strook met […]
# MOVE South Africa het Patrick Moraka as sy burgemeesterskandidaat vir die Stad Ekurhuleni in die komende plaaslikeregeringsverkiesing aangekondig. Die party se woordvoerder, Victor Seshoka, sê hierdie stap dui op die party se gereedheid om aan die verkiesing deel te neem, met inwoners in die middelpunt van bestuur. Hy sê Moraka bring sake-ervaring, gemeenskapsnetwerke en […]
# President Cyril Ramaphosa sê kunsmatige intelligensie kan ‘n nuwe era van produktiwiteit en menslike vooruitgang inlui, maar waarsku teen ernstige risiko’s indien gevorderde stelsels menslike beheer sou ontsnap. Ramaphosa het tydens die BRICS-leiersberaad in Nieu-Delhi, Indië, gesê die bedreigings sluit in gevorderde kuberaanvalle, die ontwikkeling van biologiese wapens, massa-waarneming, werksverliese en moelik beheerbare outonome […]
# Soil of Africa sê Suid-Afrika het nie net ‘n winsgewende Transnet nodig nie, maar een wat ‘n sterker rol speel in ekonomiese groei. Transnet het einde Maart 4,6-miljard-rand se wins aangeteken teenoor die vorige boekjaar se netto-verlies van 1,9-miljard-rand. Woordvoerder Luzuko Sofute sê egter ‘n sterker logistieke stelsel is noodsaaklik om plaaslike ondernemings te […]
# Die Vryheidsfront Plus het sy verkiesingsmanifes vir die plaaslikeregeringsverkiesing in Pretoria-Oos bekendgestel onder die tema: “Dit is ons tyd”. Die partyleier, Corné Mulder, sê Suid-Afrika het in 1994 een-duisend-262 plaaslike munisipaliteite gehad, vergeleke met 213 vandag, terwyl vinnig groeiende stedelike bevolkings toenemende druk op munisipaliteite plaas. Mulder sê baie munisipaliteite sukkel nou om voldoende […]
# Agt mense, insluitend twee minderjariges, is vanoggend in ‘n botsing reg van voor dood op die N17-tolpad in Mpumalanga. ‘n Toyota- en ‘n Volkswagen-sedan het naby die Ermelo-tolplaza, tussen Ermelo en Davel, gebots. Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, Moeti Mmusi, sê die oorsaak van die botsing is nog nie […]
# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, het die regering se verbintenis herbevestig om met geloofsorganisasies saam te werk ten einde gesinne te versterk, kwesbare gemeenskappe te ondersteun en ‘n omgee-samelewing te bou wat veerkragtig saamstaan. Pule het adjunkpresident Paul Mashatile verteenwoordig by ‘n Sabbat-kerkdiens wat aangebied is deur die Thulani-tempel van die Nazareth […]
# Rugby: Rassie Erasmus sê die Springbokke se oorwinning van 43-28 oor die All Blacks in Baltimore was nouer as wat die telling aangedui het. Die Springbok-afrigter sê hy het gevoel die uitslag het tot die laaste tien minute in die weegskaal gehang. Hy het lof vir Nieu-Seeland se terugvegpoging nadat Suid-Afrika vroeg in die […]