# Iranse amptenare sal vandag die Straat van Hormoes met amptenare van Irak en die Golfstate bespreek. Teheran onderhandel met Oman – wat die teenoorgestelde oewer van die straat beheer – oor ‘n ooreenkoms wat skeepvaart sou reguleer. Ongeveer ‘n vyfde van die wêreld se olievoorrade het deur die straat beweeg voordat die VSA-Israel-oorlog teen […]
# Die MK-party het volgens berigte ‘n finansiële krisis wat kan verhoed dat hy sy manifes voor die plaaslikeregeringsverkiesing in November bekendstel. Senior partylede het aan die Sunday Times gesê die party se finansiële probleme het vererger nadat die finansiële beheer gesentraliseer is. In Julie het die president van die party, Jacob Zuma, finansiële beheer […]
# Krieket: Die Proteas het hulle heel eerste eendagreeks teen Namibië 3-0 beklink met ‘n oorwinning met nege paaltjies in die laaste kragmeting in Windhoek. Die tuisspan is vir 156 uitgeknikker nadat die waarnemende kaptein, Björn Fortuin, vier paaltjies geneem het. Hierna het Jordan Hermann die beste gevaar met 77 van 59 balle, terwyl Connor […]
# Die Forum for South Africa sê pogings om Suid-Afrika se vraglogistiekstelsel te herstel, begin vrugte afwerp. Dit volg nadat Transnet ‘n wins van 4,6-miljard-rand aangeteken het vir die boekjaar wat in Maart 2026 geëindig het. Dit is ‘n beduidende ommeswaai vergeleke met die netto verlies van 1,9-miljard-rand die vorige jaar. Die leier van die […]
# Die Gautengse LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, het die intimidasie, dreigemente en afpersing binne die taxibedryf veroordeel. Die departement se woordvoerder, Lesiba Mpya, sê lede van die bedryf word geteiken deur individue wat vrees, dwang en onwettige invloed gebruik om hul eie belange te bevorder. Hy sê die saak is na die […]
# Die Stad Kaapstad sê padgebruikers voldoen aan die vereistes vir die nuwe baan vir swaarvoertuie en die verpligte stop op Kloofnekweg. Die Stad se Span vir Vervoernetwerkontwikkeling het KI-kamerabeelde van Julie en Augustus ontleed, waaruit geblyk het dat 83-persent van swaarvoertuie die korrekte baan gebruik. Rob Quintas, burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, sê die syfers […]
# Die DA het teruggekap teen die ANC se kritiek op die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en bewerings van politieke inmenging verwerp. Jan de Villiers van die DA sê minister Gwarube doen haar werk deur ondersoek in te stel na kwessies oor bestuur, die beskerming van openbare fondse en toe te sien dat […]
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, waarsku die landbousektor om nou voor te berei vir die uitwerking van El Niño. Hy sê boere, munisipaliteite en die regering moet vroegtydig optree om voortbestaan te beskerm en risiko’s te verminder. Winde sê hoewel die ergste gevolge van El Niño gewoonlik in somerreënvalgebiede gevoel word, kan die Wes-Kaap […]
# Die vakverbond SAFTU eis dat werkers by Môreson Pluimvee Boerdery in Brandfort, Vrystaat, wat deur arbeidsmakelaars aangestel is en daarvoor in aanmerking kom, permanent aangestel word. Werkers beplan Dinsdag ‘n betoging in die dorp om ‘n einde te eis aan wat hulle as jare van onseker werkbesetting beskryf. Asive Dyani van SAFTU sê werkers […]