# Krieket: Die Proteas het hulle heel eerste eendagreeks teen Namibië 3-0 beklink met ‘n oorwinning met nege paaltjies in die laaste kragmeting in Windhoek. Die tuisspan is vir 156 uitgeknikker nadat die waarnemende kaptein, Björn Fortuin, vier paaltjies geneem het. Hierna het Jordan Hermann die beste gevaar met 77 van 59 balle, terwyl Connor Esterhuizen stewige ondersteuning gebied het met ‘n onoorwonne 68 van 68 balle. Die Proteas het die teiken binne 22 boulbeurte bereik.
Krieket: Proteas maak skoonskip en wen die eendagreeks teen Namibië met 3-0