Nuus 13:00
BULLETIN 13 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Vryheidsfront Plus stel sy verkiesingsmanifes vir 2026 bekend
# Agt mense, insluitend twee minderjariges, is op die N17 in Mpumalanga dood
# En rugby: Rassie Erasmus sê die Springbokke se oorwinning oor die All Blacks in Baltimore was naelskraap
# Die Vryheidsfront Plus het sy verkiesingsmanifes vir die plaaslikeregeringsverkiesing in Pretoria-Oos bekendgestel onder die tema: “Dit is ons tyd”. Die partyleier, Corné Mulder, sê Suid-Afrika het in 1994 een-duisend-262 plaaslike munisipaliteite gehad, vergeleke met 213 vandag, terwyl vinnig groeiende stedelike bevolkings toenemende druk op munisipaliteite plaas. Mulder sê baie munisipaliteite sukkel nou om voldoende dienste oor steeds groter diensgebiede te lewer. Hy sê die party het ‘n herstelplan:
# Agt mense, insluitend twee minderjariges, is vanoggend in ‘n botsing reg van voor dood op die N17-tolpad in Mpumalanga. ‘n Toyota- en ‘n Volkswagen-sedan het naby die Ermelo-tolplaza, tussen Ermelo en Davel, gebots. Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, Moeti Mmusi, sê die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie, maar roekelose of nalatige bestuur kan nie uitgesluit word nie:
# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê hy vorder goed met die vul van befondsde vakante poste in sy instellings om die openbare gesondheidstelsel te versterk en gesondheidswerkers te ondersteun. Onderhoude vir een-duisend-259 poste is teen 9 September afgehandel, terwyl een-duisend-en-8 kandidate klaar op die kortlys was en een-duisend-393 poste geadverteer is. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die poste is dus tans in verskillende stadiums van die werwingsproses:
# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Blade Nzimande, sê Suid-Afrika en China sal samewerking op sleutelgebiede van wetenskap en tegnologie versterk. Dit sluit in kunsmatige intelligensie, gesamentlike navorsingsentrums, ruimtewetenskap en sterrekunde, kwantumrekenaars, kuberveiligheid, openbare betrokkenheid en jeugontwikkeling. Nzimande het tydens die 19de Pujiang Innovasieforum in Sjanghai bygevoeg dat die twee lande ook hul gesamentlike Jong Wetenskaplikes-uitruilprogram sal uitbrei. Nzimande sê samewerking met China bly ‘n kritieke komponent van Suid-Afrika se bilaterale verhouding met die land.
# Rugby: Rassie Erasmus sê die Springbokke se oorwinning van 43-28 oor die All Blacks in Baltimore was nouer as wat die telling aangedui het. Die Springbok-afrigter sê hy het gevoel die uitslag het tot die laaste tien minute in die weegskaal gehang. Hy het lof vir Nieu-Seeland se terugvegpoging nadat Suid-Afrika vroeg in die tweede helfte ‘n voorsprong van 15 punte opgebou het. Erasmus sê Kurt-Lee Arendse se langafstand-drie was die keerpunt. Die vleuel se spoed en aanvallende bydrae het gehelp om die momentum te laat kantel en die reeks-oorwinning te verseker.
# En ten slotte: Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Jaco Londt, doen ‘n beroep op gemeenskappe om graad 12-leerders te ondersteun tydens die aftelling na die matriekeksamen. Hy sê 71-duisend-300 voltydse kandidate in die provinsie sal die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen aflê, wat op 13 Oktober begin en op 25 November eindig. Londt sê onderwysers, leerhulpe en onderwysamptenare werk hard om te verseker dat leerders gereed is vir hul eindeksamen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….