# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê uitvoere bly ‘n belangrike dryfveer van ekonomiese groei, beleggings en werkskepping in die provinsie. Meyer sê die provinsiale regering help ondernemings om tegniese uitdagings uit die weg te ruim, mededingendheid te verbeter, nuwe markte te ontsluit en internasionale handelsgeleenthede te benut. Hy sê uitvoere is die hoeksteen van ekonomiese groei en werkskepping. Sy departement stuur die Uitvoerversnellingsfonds van stapel om ondernemings te help om uit te brei na internasionale markte.
Wes-Kaap stuur uitvoerondersteuningsprogram van stapel