Skip to content

Rugby: Griekwas behou Curriebeker-trofee in Kimberley

# Die Griekwas is vir nog ‘n jaar gekroon Carling Currie-bekerkampioene nadat hulle ‘n swaarverdiende oorwinning van 23-16 teen die Pumas behaal het. Die tuisspan, wat gistermiddag in ‘n stampvol stadion in hul tuisdorp, Kimberley, gespeel het, het in die tweede helfte teruggeveg om die beker te behou. Dit is ondanks die Pumas se voorsprong van 13- 10 teen rustyd. Die ervare losskakel George Whitehead het in sy 150ste wedstryd uitgeblink en 13 deurslaggewende punte met sy skopskoen aangeteken.