Skip to content

Ramaphosa wens die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap alles van die beste toe vir Rosh Hashanah en Jom Kippoer

# President Cyril Ramaphosa het die Joodse gemeenskap in Suid-Afrika en wêreldwyd ‘n vreedsame, veilige en vreugdevolle Rosh Hashanah en Jom Kippoer toegewens. Die Joodse gemeenskap betree tans die tydperk van die heilige dae en Ramaphosa sê dit herinner Suid-Afrikaners aan die blywende waarde van geloof en familie. Die president sê Rosh Hashanah is volgens Joodse tradisie ‘n tyd van vernuwing en nadenke, en dra ‘n tydlose boodskap oor die vermoë om verandering teweeg te bring, nie net in mense se eie lewens nie, maar ook in die lewens van ander.