# Tennis: Alexander Zverev het die eindstryd van die mans-enkelspel by die Amerikaanse Ope gehaal na hy gister vir Karen Khachanov in skoon stelle op Flushing Meadows geklop het. Die topgekeurde Duitser het sy senuwees in twee spannende valbylpotte in toom gehou om sy tweede verskyning in die eindstryd van die Amerikaanse Ope te verseker. Zverev sal teen die 23-jarige Amerikaner Ben Shelton te staan kom wat sy landgenoot Frances Tiafoe in vyf stelle verslaan het. In vandag se vroue-eindstryd kom die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka, teen Elena Rybakina te staan. Sabalenka mik na ‘n derde opeenvolgende titel, terwyl Rybakina op nog ‘n groot titel hoop.
Tennis: Zverev en Shelton in eindstryd van Amerikaanse Ope