Skip to content

Houthi-opmars langs Jemeense kus bedreig Saoedi-Arabië se olie-uitvoere

# Irans-gesteunde Houthi-magte het beheer oorgeneem van die Jemeense hawestad Mocha en beweeg verder af langs die Rooisee. Dit volg nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, gesê het hy verwag die oorlog met Iran sal ná die middeltermynverkiesing eindig. Jemeense militêre bronne sê die Houthi’s het hul posisie verder versterk in die suidelike toegang tot die Rooisee, die Bab el-Mandeb-seestraat, wat een van die wêreld se belangrikste skeepsroetes is. Die wêreld se grootste olie-uitvoerder, Saoedi-Arabië, is toenemend van dié roete afhanklik vandat die Seestraat van Hormoes gesluit is.